Saturday, October 28, 2006

Battle of the Bands - Kovsie campus

in the architecture faculty between sets. thinking of better light settings and keeping Anine out of work.

Thursday, October 19, 2006

Oranje, blanje.. it's a tie
Currie Cup final 2006

From left: Jana, Alet, Anine and me in Vodacompark, Bloemfontein.

Oranje, blanje blou
Published: Volksblad, 14 Oktober 2006

SOOS jy vandag hier sit en hierdie koerant lees, is jy een van twee soorte mense. Jy is ’n mens mét ’n rugbykaartjie, of jy is ’n mens sónder ’n rugbykaar­tjie.

Dié rubriek is vir die laasgenoemde soort mense bedoel. Of nog erger, vir die mense wat nou hul koppie vroegoggend-koffie eenkant toe skuif en wonder: “Watter rugby?”

Want jy bevind jouself dalk vandag in ’n stad waar hulle die paaie oranje sou teer, as hulle net vroeër daaraan gedink het.

In die provinsie waar ’n man sy kar oranje geverf het, ’n ander man sy vark oranje geverf het en twee vroue in oranje-katpakkies vir rugbykaartjies in die plaaslike mall gebedel het.

En moenie vergeet nie van die man wat al sy lewensideale bereik het as die Cheetahs vandag die Blou Bulle vermorsel.

So, wat doen jy vandag as jy nie in die stadion gaan sit en rugby kyk nie? Wát doen jy?Wel, jy onthaal gaste. Familie, verlangse familie en die ou saam wat jy 30 jaar laas gesien het toe julle saam aangemeld het vir diensplig.

Hulle sal nie te veel moeite wees nie. Hulle het waarskynlik rugbykaartjies in die hande gekry (die sluikhandel floreer sedert Dinsdag – daardie rugbyunie doen darem iets vir werkskepping) en gaan die meeste van die dag ín die stadion deurbring.

Verraad....

Die moeilikheid kom vir daardie Vrystaters wat staats- . . . . skuus, provinsiale verraad pleeg. Hulle wat Blou Bul- ondersteuners huisves. Sonde.

Jy kan nog jou goeie naam red van skande. Of oranje-vergelding.

’n paar huisreëls neer: geen Blou Bul-vlae groter as ’n poskaart word op jou erf toegelaat nie. En as hulle dit móét rondwaai, dan net binnenshuis.

Ingeval jou bure snuf in die neus kry (want waar ’n rokie trek, ruik jou bure dit eerste), maak seker jy is uitgerus in jou oranjeste pakkie. En net om seker te maak jou kollegas gluur jou nie Maandag aan as jy vir werk aanmeld nie – neem ’n cheetah aan.

Of maak ’n groot bohaai van die skenking wat jy aan die cheetah-fonds maak. Bel die koerant om ’n foto te kom neem van die oorgroot tjek soos jy dit oorhandig. Sodat die hele provinsie kan lees van jou liefde vir die cheetahs – nuus versprei vinnig.

Kerrie, currie, wat?

As jy nie eers geweet het vandag is dié Curriebekereindstryd op eie bodem nie . . . uhm, wel. Jou lewe sal waarskynlik aangaan soos gewoonlik. Of beter.

Dis Saterdag én daar is parkeerplek langs die ingang van die mall. En jy kan 10 minute voor die fliek begin nog ’n kaartjie koop én kies waar jy wil sit, want jy is een van vyf mense in die kine.

Dit kan lekker romanties wees – tensy jou ou of meisie 16:00 hul selfone afgeskakel het.
Jy wonder wat hulle doen?

Jy ry in Dan Pienaarrylaan af en wonder waar al die mense is. Swenk uit vir ’n tolbos wat alleen oor die verlate pad waai.

Nou is jy in Nelson Mandelarylaan. Wel, jy dink dit is Nelson Mandelarylaan. Maar daar’s oranje-vlae, oranje-baniere en oranje-papier om alles gedraai.

Die Prins van Oranje moet terug wees. Nederland is besig om ons in te val!
Jy draai om en ry Tempe toe om die weermag te waarsku. Hulle lag vir jou.

Dis rugby. Waar is jy?

Wednesday, October 04, 2006

Monday, October 02, 2006

Woodstock the VIII'th




The bands are from top to bottom: Fuzigish, 16 Stitch, The Finkelsteins and Fuzigish again.